Laniakea-superswerm
plaaslike superswerm / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Laniakea-superswerm is die superswerm waarin die Melkweg, Sonnestelsel en Aarde hulle bevind. Dit is in September 2014 geïdentifiseer toe ’n groep sterrekundiges, onder andere R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii en Helene Courtois van die Universiteit van Lyon in Frankryk, ’n nuwe manier publiseer om superswerms te definieer volgens die relatiewe snelhede van sterrestelsels. Laniakea word ook die Plaaslike Superswerm genoem en die vorige Plaaslike Superswerm, Virgo, maak nou deel van die groter superswerm uit.[1][2][3][4]