Virgo-superswerm
groep sterrestelsels wat die Lokale Groep bevat / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Virgo-superswerm of Plaaslike Superswerm (afgekort as PS) is die onreëlmatige superswerm wat die Virgo-sterrestelselswerm en die Plaaslike Groep bevat. Laasgenoemde bevat weer die Melkweg, waarin die Aarde lê, asook die Andromeda-sterrestelsel. Minstens 100 sterrestelselswerms lê in die Virgo-superswerm se gebied met ’n deursnee van 33 miljoen parsek (110 miljoen ligjare). Dit is een van die miljoene superswerms in die waarneembare heelal.
- "Plaaslike Superswerm" stuur jou aan na dié artikel. Vir die superswerm wat in 2014 ontdek is en waarvolgens Virgo net deel van ’n groter superswerm is, sien Laniakea-superswerm.
Volgens ’n studie in September 2014 is die Virgo-superswerm net deel van ’n groter swerm, die Laniakea-superswerm, wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves.[1]