Water
chemiese verbinding met rou molekulêre formule H₂O; hoofbestanddeel van die vloeistowwe van die meeste lewende organismes / From Wikipedia, the free encyclopedia
Water is 'n smaaklose, kleurlose stof in sy suiwer vorm wat noodsaaklik is vir alle bekende vorme van lewe en is ook bekend as die mees gebruikte oplosmiddel. Water kom in oorvloed op Aarde voor. Dit bestaan op baie plekke en vorme: meestal in die oseane en by die pole, maar ook in wolke, reënwater, riviere, mere, damme en ander waterdraende formasies. Water beweeg voortdurend deur 'n siklus wat verdamping, neerslag en afloop na die see insluit.
-4500 —
–
-4000 —
–
-3500 —
–
-3000 —
–
-2500 —
–
-2000 —
–
-1500 —
–
-1000 —
–
-500 —
–
0 —
Eensellige
lewe
lewe
Meersellige
lewe
lewe
- Die klem van hierdie artikel lê op water in die algemeen. Sien water (molekule) en Water (data) vir inligting oor die chemiese en fisiese eienskappe van suiwer water (H2O, waterstofoksied).
Water wat geskik is vir menslike gebruik is 'n natuurlike hulpbron wat al skaarser word in sekere wêrelddele waar die bevolking groei en die beskikbaarheid daarvan is 'n belangrike sosio-ekonomiese vraagstuk.