Lewe
somtotaal van alle lewende wesens, of die toestand van volhoubare lewensfunksies / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die lewe is ’n karaktertrek van voorwerpe wat kan groei, voortplant en aanpas by hul omgewing, onderskei van dié wat dit nie kan doen nie[1] – óf weens die dood óf omdat hulle lewelose organismes is. Meer komplekse lewende organismes kan op verskeie maniere kommunikeer.[1][2] ’n Verskeidenheid lewende organismes word op die aarde aangetref: van swamme en bakterieë tot plante en diere.