Rosalind Franklin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rosalind Franklin (25 Julie 1920 – 16 April 1958) was 'n Engelse skeikundige en x-straal kristallografis van Joodse afkoms. Sy het 'n kritieke bydrae gemaak tot die begrip van die fyn molekulêre strukture van DNA (deoksiribonukleïensuur). Na die afronding van haar gedeelte van die werk op DNA, het Franklin ook baanbrekerswerk op die tabakmosaïekvirus en die poliovirus gedoen.
Rosalind Franklin | |
Geboortenaam | Rosalind Elsie Franklin |
---|---|
Gebore | 25 Julie 1920 Notting Hill, Londen, Engeland |
Oorlede | 16 April 1958 (op 37) Chelsea, Londen, Engeland |
Blyplek | Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Fisiese chemie X-straalkristallografie |
Instelling(s) | British Coal Utilisation Research Association Laboratoire Central des Services Chimiques de l'État King's College, Londen |
Alma mater | Newnham Kollege, Cambridge |
Bekend vir | DNA-struktuur Fynstruktuur van steenkool en grafiet Struktuur van virusse |
Franklin is veral bekend vir haar werk op die X-straaldiffraksiebeelde van DNA, veral Foto 51, terwyl sy aan King's Kollege in Londen gewerk het, wat gelei het tot die ontdekking van die DNA-dubbele heliks waarvoor James Watson, Francis Crick en Maurice Wilkins die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde in 1962, gedeel het. Watson stel voor dat dit ideaal sou gewees het as Franklin met die Nobelprys vir Chemie, saam met Wilkins bekroon sou gewees het. Hoewel daar toe nog nie 'n reël teen postuum toekennings was nie[1], maak die Nobelkomitee in die algemeen nie postuum nominasies nie.[2][3]