Francis Crick
From Wikipedia, the free encyclopedia
Francis Crick FRS (1916–2004) was 'n Britse wetenskaplike. Sy vernaamste bydrae is ongetwyfeld sy en James Watson se ontrafeling van die molekulêre struktuur van DNS in die 1950's. Hul bevindinge sou die grondslag vorm van die moderne genetika, molekulêre biologie en biotegnologie, en in 1962 bekroon word met die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde.[1] Van Crick se latere navorsing het gelei tot belangrike ontdekkings oor die funksionering van genetiese materiaal.[2]
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Francis Crick | |
Geboortenaam | Francis Harry Compton Crick |
---|---|
Gebore | (1916-06-08)8 Junie 1916 Weston Favell, Northamptonshire, Engeland |
Oorlede | 28 Julie 2004 (op 88) San Diego, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Fisika, Molekulêre biologie |
Instelling(s) | Instituut vir Bevordering van Genetiese Studies |
Doktorale promotor(s) | Max Perutz |
Bekend vir | Struktuur van RNS |
Toekennings | Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1962) |
Handtekening |
Sluit