Bhoetanese kookkuns
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bhoetanese kookkuns (Dzongkha: འབྲུག་ཟས་; Wylie: brug-zas) gebruik baie rooi rys (soos bruin rys in tekstuur, maar met 'n neutagtige smaak, die enigste verskeidenheid van rys wat groei by hoë hoogtes), bokwiet, en toenemend mielies. Bokwiet word hoofsaaklik in Bumthang geëet, mielies in die Oostelike distrikte, en rys elders. Die dieet in die heuwels sluit ook hoender, yak vleis, gedroogde vleis, vark, varkvet, en lam in. Sop en bredies van vleis, rys, varings, lensies, en gedroogde groente, opgekikker met brandrissies en kaas, is 'n gunstelingete tydens die koue seisoene.
Skryfweekartikel |
---|
Outeur: Dumbassman |
Week: 24 Sept '18 |
Moenie bewerk nie, asseblief |
Zow shungo is 'n rys gemeng met oorskiet-groente. Ema datshi is 'n geurige gereg gemaak met groot, groen brandrissies in 'n kaassous (soortgelyk aan chili con queso), wat die nasionale gereg genoem kan word weens die trots wat Bhutanese daarvoor het.[1] Ander kosse sluit jasha maru ('n hoender gereg), phaksha paa (gedroogde vark gaar met chili pepers, speserye, groente en vrugte, insluitend raap, groente, of radyse), thukpa, bathup, en gebraaide rys. Kaas gemaak van koeimelk word datshi genoem en word nooit rou geëet nie, maar word gebruik om souse van te maak.
Zoedoe is 'n ander tipe kaas in die Oostelike distrikte gemaak, wat by sop gevoeg word. Zoedoe is gewoonlik groen van kleur en het 'n sterk reuk. Ander vorme van kaas sluit in die Westerse-tipes soos cheddar en gouda. Westerse kaas word in die Switserse kaasfabriek in Bumthang gemaak, of ingevoer uit Indië.
Gewilde peuselkos sluit in momo (Bhutanese kluitjies), shakam eezay, khabzey (gedroogde poffertjies, gemaak met meel, water en suiker, wat dan diepgebraai word), shabalay, juma (Bhutanese wors gemarineer in speserye), en noedels.
Restaurante in die land bedien Chinese, Nepalese, Tibetaanse en Indiese kos, wat baie gewild is en in die afgelope tyd het ook Koreaanse restaurante geopen as gevolg van die toenemende gewildheid van die Koreaanse populêre kultuur in die land.[2]
Suiwelprodukte, veral botter en kaas van yaks en koeie, is ook baie gewild, en inderdaad word byna al die melk verwerk na botter en kaas. Gewilde dranke sluit bottertee (genoem suja), melktee (genoem ngaja), swarttee, plaaslik gebroude ara (ryswyn) en bier in. Speserye sluit kerrie, kardemom, gemmer, thingay (Sichuan peper), knoffel, borrie en karwy in.
- Jasha maru, 'n tradisionele gereg wat bestaan uit gemaalde hoender, tamaties en ander bestanddele
- Jasha tshoem, Bhutanese hoender kerrie
- Bhutanese brandrissies by 'n mark in Thimphu