Cheddarkaas
From Wikipedia, the free encyclopedia
Cheddarkaas is 'n harde of halfharde kaas met 'n liggeel tot oranje kleur en 'n skerp smaak wat sy oorsprong in die Engelse dorp Cheddar in die graafskap Somerset het.
Cheddarkaas | |
Herkoms | Cheddar (Somerset, Engeland) |
Vetgehalte | 48 % |
Vorm | Verskeie vorms |
Hoogte | Verskeie hoogtes |
Tipe | Harde of halfharde kaas |
Oorsprong | Gepasteuriseerde koeimelk, bokmelk (selde) |
Cheddar is die gewildste soort kaas in die Verenigde Koninkryk wat 51 persent van dié land se jaarlikse kaasmark van £1,9 miljard verteenwoordig. Cheddarkaas het ook in ander lande met 'n Engelssprekende bevolking soos die Republiek van Ierland, die Verenigde State, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Kanada gewild geraak waar dit ook plaaslik vervaardig word.