Waadvoël
From Wikipedia, the free encyclopedia
Waadvoëls (of steltlopers) is 'n versamelnaam vir verskeie voëlfamilies want aan die orde van steltloperagtiges behoort. In die gewone spreektaal kan die term ook na voëls in die ordes van ooievaaragtiges en kraanvoëlagtiges verwys. Nie alle steltloperagtiges is egter waadvoëls nie. Meeue, sterretjies, jagers en alke behoort wel aan die orde van die steltloperagtiges, maar is nie waadvoëls nie.
Waadvoël | |
---|---|
Charadrius leschenaultii. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Charadrii Huxley, 1867 |
Families | |
|
Waadvoëls het lang (soms gewebde) pote en leef meestal naby water. Tydens hulle migrasie en in die winter kom hulle dikwels in digte swerms op moddervlaktes voor.
Die voëls voed op insekte, wurms, weekdiere en skaaldiere; soms ook op plantaardige materiaal, klein vissies, ensomeer. Steltlopers het 'n aangepaste snawel vir die doel.
Van hulle het 'n klein tasliggaampie op die snawelpunt om prooi op die bodem op te spoor. Sommige het selfs snawels wat vanself toeklap as iets daaraan raak. Omdat verskillende spesies verskillende lengte snawels het, kan hulle dieselfde gebied bewoon sonder om teen mekaar vir prooi te kompeteer.
Die waadvoëls is 'n groot groep verskillende voëls waarvan die meeste naby water aangetref word waar hulle op klein diertjies in die modder jag. Hulle het meestal tang pote en/of 'n lang bek.