Meeue
From Wikipedia, the free encyclopedia
Meeue (en sterretjies) is 'n familie van seevoëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat 11 genera met ongeveer 102 spesies.[1]
Kitsfeite Meeue Seemeeue, Wetenskaplike klassifikasie ...
Meeue Seemeeue | |
---|---|
Volwasse Larus delawarensis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Lari |
Familie: | Laridae Vigors, 1825 |
Genera | |
11, sien teks |
Sluit
Spesies in die familie is oor die algemeen middelgroot tot groot voëls, meestal grys of wit, dikwels met swart merke op die kop en snawel. Hulle het 'n tipiese skel, krysende roep. Hul snawels is stewig en redelik lank; en hul pote is van swemvliese voorsien.