Ugie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ugie is 'n dorpie in die destydse Noordoos-Kaap aan die suidelike voet van die Drakensberg, 21 km suidwes van Maclear.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Ugie | |
---|---|
Koördinate: 31°12′S 28°25′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Elundini |
Stigting | 1885 |
Oppervlak | |
• Totaal | 19,11 km2 (7,38 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 467 |
• Digtheid | 705/km2 (1 830/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 2.7% |
• Swart mense | 94.3% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 89.3% |
• Afrikaans | 4.6% |
• Engels | 2.3% |
• Sotho | 1.7% |
• Ander | 2.1% |
Poskode (strate) | 5470 |
Poskode (posbusse) | 5470 |
Skakelkode | 045 |
Sluit
Dit het ontwikkel uit 'n sendingstasie, wat in 1863 deur die sendeling eerw. William Murray by Gatberg gestig is.[2] Hy het dit genoem na die Ugierivier in Skotland, waar hy gebore is.[2] Die dorp is in 1885 gestig en het in 1916 'n bestuursraad gekry.[2] Die dorpie is bekend om sy groot, nie-kerklike weeshuis wat in 1918 deur ds. M.T.R. Smit tot stand gebring is vanweë die verwoestende griep-epidemie van daardie tyd, om sorg te bied aan kinders wat deur die epidemie wees gelaat is. Dit is in 1987 na Port Elizabeth verskuif omdat Ugie betreklik afgeleë is.