Maclear
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maclear is 'n dorpie in die Noordoos-Kaap aan die voet van die Drakensberg, sowat 172 km noordoos van Oos-Londen (258 km per pad) en 66 km noordoos van Elliot. Die dorp se naam is op 23 Februarie 2021 verander na Nqanqarhu.
Kitsfeite Maclear Nqanqarhu, Land ...
Maclear Nqanqarhu | |
---|---|
Maclear Poskantoor | |
Koördinate: 31°4′12″S 28°21′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Elundini |
Stigting | 1876 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,2 km2 (3,6 vk. myl) |
Hoogte | 1 272 m (4 173 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 10 521 |
• Digtheid | 1 144/km2 (2 960/vk. myl) |
[1] | |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 4.3% |
• Swart mense | 93.1% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 88.3% |
• Afrikaans | 5.1% |
• Engels | 2.7% |
• Sotho | 2.1% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 5480 |
Poskode (posbusse) | 5480 |
Skakelkode | 045 |
Sluit
Die dorpie is in 1876 gestig en genoem na Haar Majesteit se astronoom aan die Kaap, sir Thomas Maclear.[2] Dit verkry munisipale status in 1916 nadat dit aanvanklik vinnig ontwikkel het uit die militêre pos wat hier gestig is.[2]
Maclear is geleë in 'n pragtige groen omgewing en is 'n welbekende plek vir forelhengel.[2] Die Tsitsawaterval is naby die dorp geleë.
Maclear beskik oor 'n goeie provinsiale hospitaal.[3]