Seychellekreools
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seychellekreools (kreol of seselwa) is 'n Frans-gebaseerde Kreools wat deur sowat 80 200 mense op die eilandnasie Seychelle gepraat word. Dit vorm saam met Engels en Frans die amptelike tale van die Seychelle-eilande. Die teks van die Seychelle-eilande se volkslied, Koste Seselwa, is in Seychellekreools. Seychellekreools is nou verwant aan die kreooltale van Mauritius (Morisyen) en Réunion (Réunionnais), maar net Seychellekreools geniet ampstaalstatus.
Kitsfeite Seychellekreools kreol, seselwa, Amptelike status ...
Seychellekreools kreol, seselwa | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Seychelle | |
Gebied: | Oos-Afrika | |
Totale sprekers: | 80 200[1] | |
Taalfamilie: | Kreools Frans Bourbonnaiskreools Seychellekreools | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Seychelle | |
Gereguleer deur: | Lenstiti Kreol | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | crs | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Seychellekreools word deur 80 200 mense gepraat, sowat 95% van die Seychelle se bevolking.