Salman van Saoedi-Arabië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies:سلمان بن عبد العزیز آل سعود, Salmān ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Su‘ūd; gebore 31 Desember 1935) is van 2015 af die koning en premier van Saoedi-Arabië.
Salman | ||
Koning van Saoedi-Arabië | ||
Bewind | 23 Januarie 2015 - tans | |
Voorganger | Abdoellah | |
Erfgenaam | Moeqrin bin Abdoel Aziz (2015) Mohammad bin Najef (2015-'17) Mohammad bin Salman (2017-tans) | |
Gade | Soeltana bint Toerki al-Soedairi (†2011) Sarah bint Faisal al-Soebai'ai (geskei) Fahda bint Falah al-Hathleen | |
Kinders | Verskeie | |
Koningshuis | Huis van Saoed | |
Gebore | 31 Desember 1935 (1935-12-31) (88 jaar oud) Riaad | |
Vader | Abdoel Aziz al-Saoed | |
Moeder | Hassa bint Ahmed al-Soedairi |
Hy is in 2012 as kroonprins aangewys ná die dood van sy broer Najef bin Abdoel Aziz. Hy het op 23 Januarie 2015 die troon bestyg ná die dood van sy halfbroer koning Abdoellah.
Sy grootste inisiatiewe as koning sluit in die Saoediese ingryping in die Jemense Burgeroorlog, Saoediese Visie 2030 en ’n wet in 2017 wat vroue toelaat om motor te bestuur. Sy seun, kroonprins Mohammad bin Salman, word as die de facto-heerser van Saoedi-Arabië beskou en was verantwoordelik vir baie hervormings in die land, asook ’n paar omstrede dade, soos die inhegtenisneming in 2017 van lede van die Saoediese koninklike familie en die sluipmoord op die andersdenkende en joernalis Jamal Khashoggi.