Abdoel Aziz al-Saoed
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abdoelaziz ibn Abdoel Rahman ibn Faisal ibn Toerki ibn Abdoellah ibn Mohammed Al Saoed (Arabies:عبد العزيز بن عبد الرحمن آل سعود, Abd al-'Azīz ibn 'Abd ar-Raḥman Āl Sa'ūd; 15 Januarie 1875 - 9 November 1953) was die eerste koning en stigter van Saoedi-Arabië, die "derde Saoediese staat".[1] Hy was onder verskeie name bekend, soos Abdoelaziz in die Arabiese wêreld,[2] maar was meestal in die Weste Ibn Saoed genoem.
Heerskappy | 23 September 1932 – 9 November 1953 |
Kroning | 23 September 1932 |
Voorganger | Geen |
Opvolger | Saoed |
Koningin | Verskeie |
Kinders | O.a. 45 seuns |
Vorstehuis | Huis van Saoed |
Vader | Abdoel Rahman bin Faisal |
Moeder | Sarah al-Soedairi |
Gebore | (1875-01-15)15 Januarie 1875 Riaad, Emiraat Nadjd |
Gesterf | 9 November 1953 (op 78) Taif, Saoedi-Arabië |
Begrawe | Riaad |
Hy het in 1902 die tuisstad van sy voorvaders, Riaad, herower en drie dekades van verowerings begin wat hom die heerser van byna die hele Sentraal- en Noord-Arabië gemaak het. Hy het sy gesag oor Nadjd in 1922 gevestig en toe Hedjaz in 1925 verower. Hy het sy dominiums uitgebrei tot wat in 1932 die Koninkryk Saoedi-Arabië geword het. As koning het hy die ontdekking van petroleum in Saoedi-Arabië in 1938 gelei, asook die begin van olieontginning op groot skaal ná die Tweede Wêreldoorlog. Hy het baie kinders gehad – onder andere 45 seuns,[3] wat al die daaropvolgende konings van Saoedi-Arabië insluit.