Pruim
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die pruim, Prunus domestica, is 'n spesie van die genus Prunus, geklassifiseer saam met die appelkoos in die subgenus Prunus. Die subgenus word onderskei van ander subgenera (perskes, kersies, ens.) deur die spruite wat 'n terminale knop het asook syknoppies wat alleenstaande is (nie gebondel), die blomme kom saam in groepe van een tot vyf op kort steeltjies voor. Die vrug het 'n groef wat langs die kant afloop asook 'n gladde steenpit.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Pruim | |
---|---|
Pruim en 'n deursnit | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Prunus |
Subgenus: | Prunus |
Species | |
Sien teks langsaan. |
Sluit
Ryp pruimvrugte het meestal 'n poeierige wit wasbedekking op die skil wat maklik afvryf en dit 'n eienaardige voorkoms gee. Dit staan in Engels as "epicuticular wax" of "wax bloom" bekend. Gedroogde pruime word droë pruime of pruimedante genoem.