Prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Prinses Beatrice (Beatrice Mary Victoria Feodore; van 1885–1917 Prinses Henry van Battenberg; 14 April 1857 – 26 Oktober 1944) was die vyfde dogter en jongste kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Die huidige koning van Spanje, Juan Carlos, is haar agterkleinseun.
Kitsfeite Volle naam, Eggenoot ...
Prinses Beatrice | |
---|---|
Prinses Henry van Battenberg | |
Volle naam | Beatrice Mary Victoria Feodore |
Eggenoot | Prins Hendrik van Battenberg |
Kinders | Alexander Victoria Eugénie Leopold Maurice |
Titels | HKH prinses Beatrice HKH prinses Henry van Battenberg HKH prinses Beatrice |
Huis | Hesse Sakse-Koburg en Gotha |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 14 April 1857; Buckingham-paleis, Londen |
Oorlede | 26 Oktober 1944; Brantridge Park, Sussex |
Sluit
Tydens Beatrice se kinderdae het koningin Victoria erg gerou oor die dood van prins Albert op 14 Desember 1861. Sy het al hoe meer op die jong prinses Beatrice gesteun namate haar ander kinders getrou en weggetrek het. Beatrice, wat grootgemaak is om te alle tye aan haar ma se sy te wees, het later aanvaar dat dit haar lot was.[1]