Pole (volk)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pole (Pools: Polacy [pɔˈlat͡sɨ]; manlike enkelvoud: Polak, vroulike enkelvoud: Polka) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Pole wat 'n gemeenskaplike Poolse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Pools as moedertaal praat. Alternatiewelik is Pole diegene wat in Pole woon of in Pole gebore is.
Pole vorm die titulêre nasie van Pole, waar hulle byna 97% van dié land se bevolking vorm en nog klein erkende minderhede soos Duitsers, Kasjoebe en Silesiërs leef. Behalwe Pole kom Poolse minderhede nog in Europese lande soos Duitsland, Frankryk, Litaue, Oekraïne, Rusland, die Verenigde Koninkryk en Wit-Rusland voor.
Wêreldwyd leef omtrent 60 miljoen Pole, waarvan meer as die helfde in Pole woonagtig is. Daarbenewens het miljoen van Pole in Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Brasilië, Kanada en die Verenigde State asook Australië en Israel gevestig. Die Poolse diaspora word in Pools Polonia genoem, afgelei van die Latynse naam vir dié land.
Pole is oorwegend aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk en Pole is een van die Europese lande met die hoogste persentasie van Rooms-Katolieke: sowat 92% van dié land se bevolking. Minderhede sluit in Oosters-Ortodokse, Protestante, Jode en Moslems.