Balte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term Balte (afgelei van die Latynse naam van die Oossee, Mare Balticum; Litaus: baltai, Lets: balti) het twee verskillende betekenisse, afhangende daarvan of dit in 'n geografies-politiese of 'n taalkundig-etnografiese konteks gebruik word. Dit kan verwys na
- die bewoners van die drie Baltiese lande langs die Oossee - Litaue, Letland en Estland (van suid na noord), of
- die Baltiese stamme in die noordooste van Europa wat in taalkundige opsig naas Kelte, Germane, Slawiërs en Romane 'n selfstandige Baltiese groep binne die Indo-Europese taalfamilie vorm. Hierdie groep kan verder verdeel word in Litaus, Lets, Oud-Pruisies, Koers en ander idiome waarvan baie reeds in die prehistoriese tydperk of die vroeë geskiedenis uitgesterf het. Die enigste oorlewende moderne Baltiese tale is Litaus en Lets. Estnies, 'n taal binne die Fins-Oegriese taalfamilie, is nie verwant aan Balties nie.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Balte | |
---|---|
Totale bevolking: | 5,8 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Lette 1,8 miljoen Litauers 3 miljoen |
Taal: | Baltiese tale |
Geloofsoortuiging: | Christendom, Baltiese Neopaganisme |
Verwante etniese groepe: | Baltiese Finne, Slawiërs (hoofsaaklik Wit-Russe, Kasjoebe en Pomorane), Germane |
Sluit
Hierdie artikel behandel die Baltiese volke as etniese groep.