Nasionale Park Jigme Dorji
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Park Jigme Dorji,[1] wat na die eertydse koning Jigme Dorji Wangchuck genoem is, is die tweede grootste nasionale park van Bhoetan. Dit beslaan feitlik die hele distrik Gasa sowel as die noordelike dele van die distrikte Thimphu, Paro, Punakha en Wangdue Phodrang. Dit is in 1974 gevestig en strek oor ’n gebied van 4 316 km2, dus al drie klimaatsones van Bhoetan. Sowat 6 500 mense in 1 000 huishoudings woon in die park. Dit is op Bhoetan se lys van tentatiewe Unesco-insluitings as wêrelderfenisgebied.[2][3]
Kitsfeite
Nasionale Park Jigme Dorji | ||
Land | Bhoetan | |
Distrikte | Gasa Paro Punakha Thimphu Wangdue Phodrang | |
Hoogste punt | 7 000 m | |
Laagste punt | 1 400 m | |
Oppervlakte | 4 316 km2 | |
Diere | Blouskaap, takin, sneeuluiperd, muskushert, Himalaja-swartbeer, Bengaalse tier, rooipanda | |
Datum | 1974 | |
Webtuiste | Bhutan-trustfonds |
Sluit