Kwikstertjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kwikstertjies (ook kwikkies, wipstertjies of akkermannetjies[1] genoem) is klein Ouwêreldse sangvoëls in die familie Motacillidae. Die dosyn of wat spesies van genus Motacilla is die enigste verteenwoordigers van die subfamilie Motacillinae,[2] en blyk hul oorsprong in die Palearktiese gebied te hê.[3] Die Latynse naam vir ‘n kwikstert, motacilla, is afgelei van muttex, ‘n voëlsoort wat deur Hesychius van Alexandrië (Grieks: Ἡσύχιος ὁ Ἀλεξανδρεύς) vermeld is.[4]
Kitsfeite Kwikstertjies, Wetenskaplike klassifikasie ...
Kwikstertjies | |
---|---|
Die witkwikkie (Motacilla alba) van Eurasië en Noord-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Motacilla |
Spesies | |
'n Dosyn of meer spesies, sien teks. |
Sluit