Motacillidae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Motacillidae is 'n kosmopolitiese maar oorwegend Ouwêreldse voëlfamilie in die sangvoëlorde, waarvan die koesters (Anthus), kalkoentjes (Macronyx) en kwiksterte (Motacilla) die grootste genera verteenwoordig. Die takson is maklik herkenbaar en morfologies baie eenvormig, maar hul presiese verwantskap met ander sangvoëls is nie ooglopend nie. Hul eiwitproteïene dui wel op 'n verwantskap met die Ouwêreldse sangers en vlieëvangers, terwyl hul gereduseerde buitenste slagveer, in ooreenstemming met filogenetiese resultate, weer 'n verwantskap met die mossies, aksentors, wewers en sysies uitwys.[1]
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera ...
Motacillidae | |
---|---|
'n Bosveldkoester in Gauteng en geelkeelkalkoentjie in die Serengeti | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Passeri |
Familie: | Motacillidae Horsfield, 1821 |
Genera | |
|
Sluit