Kraairivier
rivier in Oos-Kaap, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kraairivier is 'n middelslagrivier in die verre-noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die Drakensberge suid van Lesotho, vloei weswaarts ná die samevloei van die Bellrivier en die Sterkspruit naby Moshesh's Ford by 30°51′08″S 27°46′43″O en deur 'n diep vallei wes van die dorp Barkly-Oos.
- Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Kraairivier (dubbelsinnig)
Kraairivier | |
---|---|
Die rivier in die omgewing van Barkly-Oos | |
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Oranjerivier |
Oorsprong | Moshesh's Ford |
Sytak -links | Saalboomrivier, Holspruit, Wasbankspruit |
Sytak -regs | Bellrivier, Karnmelkspruit Bossieslaagtespruit |
Monding | Oranjerivier, by Aliwal-Noord |
Oorsprong-hoogte | 1 845 m |
Monding-hoogte | 1 340 m |
Koördinate: 30°40′4″S 26°45′9″O |
Die hele vloedgebied val in die Joe Gqabi-distrik, die rivier kronkel met groot boë weswaarts deur die platorand. Tien kilometer oos van Aliwal-Noord, by 30°44′14″S 26°47′3″O, vloei die rivier onderdeur die historiese Sauerbrug (opgerig in 1881)[1][2] en 'n nuwe, hoë betonmotorbrug op die R58-hoofpad, digby die Old Toll Inn herberg. Die rivier swenk hierna noordwaarts, begrens die Buffelspruit-natuurreservaat en sluit dan aan by die Oranjerivier net noordoos van Aliwal-Noord by 30°40′4″S 26°45′9″O.[3]
Die Kraairivier vloei byna sy volle lengte oor sandsteen van die Clarens-formasie.
Hengelvis wat in die rivier en sy bolope voorkom is reënboogforel en grootbek-geelvis.[4]