Kleinsperwer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kleinsperwer (Accipiter minullus) is 'n klein roofvoëlspesie met 'n liggaamslengte van net 23 tot 28 cm. Dit word dikwels in stadstuine gesien, veral in gebiede aangrensend aan hul natuurlike habitat, soos bosveld met groot bome of naby boomryke stroomoewers. Dit is 'n algemene tot skaars standvoël, maar word weens hul ontwykende gedrag maklik misgekyk. Hulle sal vinnig in hul eksklusiewe gebied rondbeweeg, of onopsigtelik wag op prooi. Soortgelyke spesies wat maklik met hierdie spesie verwar kan word is die Afrikaanse sperwer en die gebande sperwer. In Engels staan dit bekend as die little sparrowhawk.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Kleinsperwer | |
---|---|
'n Volwasse kleinsperwer in Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Falconiformes (of Accipitriformes, q.v.) |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. minullus |
Binomiale naam | |
Accipiter minullus (Daudin, 1800) | |
Sluit