Faisal van Saoedi-Arabië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Faisal bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: فيصل بن عبد العزيز آل سعود, Fayṣal ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Su‘ūd; 14 April 1906 - 25 Maart 1975) was van 1964 tot 1975 koning van Saoedi-Arabië. Hy het as ’n invloedryke koninklike politikus opgang gemaak tydens die bewind van sy pa, Abdoel Aziz al-Saoed, ook bekend as Ibn Saoed, en broer, Saoed. Terwyl hy kroonprins was, het hy slawerny in Saoedi-Arabië verbied. Hy het koning Saoed gedwing om in 1964 ten gunste van hom te abdikeer met die hulp van ander lede van die koninklike familie en die land se grootmoefti.
Heerskappy | 2 November 1964 – 25 Maart 1975 |
Kroning | 2 November 1964 |
Voorganger | Saoed |
Opvolger | Khalid |
Koningin | Soeltana bint Ahmed al-Soedairi Iffat al-Thoenajan Al Jawhara bint Saoed al-Kabir Haja bint Toerki al-Toerki |
Kinders | Verskeie |
Vorstehuis | Huis van Saoed |
Vader | Abdoel Aziz al-Saoed |
Moeder | Tarfa bint Abdoellah bin Abdoellatif al-Sheikh |
Gebore | (1906-04-14)14 April 1906 Riaad |
Gesterf | 25 Maart 1975 (op 68) Riaad |
Begrawe | Riaad |
Faisal het ’n beleid van modernisering en hervormings ingestel. Sy belangrikste buitelandse beleide het ingesluit pan-Islamisme, anti-kommunisme en pro-Palestynse nasionalisme.[1] Hy was aan die hoof van die olieverbod in 1973 wat ’n oliekrisis veroorsaak het.
Faisal het die koninkryk se burokrasie gestabiliseer en hy was gewild onder Saoediërs,[2] al was sy hervormings ietwat omstrede. Hy is in 1975 deur sy neef, Faisal bin Moesaid, vermoor.