FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1942
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 4de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup) is oorspronklik vir 1942 beplan, maar is weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.
Kitsfeite 1942 FIFA World Cup, Toernooi-inligting ...
1942 FIFA World Cup | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Datums | N.v.t. |
Spanne | 0 (van 0 konfederasies) |
Stadions | 0 (in 0 stede) |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 0 |
Meeste punte | N.v.t. |
Beste speler | N.v.t. |
← 1938 1950 → |
Sluit
Op 13 Augustus 1936 stel Nazi-Duitsland hulself as kandidaat beskikbaar om die toernooi aan te bied tydens FIFA se 23ste kongres in Berlyn. Aansluitend het Brasilië hulself beskikbaar gestel. Die toernooi is egter afgelas voordat dit aan een van die twee lande toegewys is.[1] In Junie 1939 stel Argentinië hulself ook beskikbaar.
As gevolg van die oorlog is daar ook nie 'n toernooi in 1946 aangebied nie. Die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi is in 1950 in Brasilië aangebied.