FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die derde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Frans: Coupe du Monde 1938 – France; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 4 tot 19 Junie 1938 in Frankryk aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Frankryk aangebied is en die tweede in Europa. Dit was die laaste Sokker-Wêreldbekertoernooi voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog wat met die Duitse Inval van Pole een jaar later begin het. Die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 sou twaalf jaar later in Brasilië beslis word, nadat die toernooie van 1942 en 1946 weens die wêreldwye oorlog gekanselleer is.
Coupe du Monde 1938 – France | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Frankryk |
Datums | 4 Junie – 19 Junie |
Spanne | 16 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 10 (in 10 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Italië (2 titels) |
Tweede plek | [[Lêer:{{{vlag alias-1940}}}|22x20px|border|Vlag van Hongarye]] Hongarye |
Derde plek | Brasilië |
Vierde plek | Swede |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 19 |
Doele | 84 (4.42 per wedstryd) |
Bywoning | 483 000 (25 421 per wedstryd) |
Meeste punte | Leônidas (7 doele)[1] |
Beste speler | Leônidas |
← 1934 1950 → |
15 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 deelgeneem; Oostenryk het gekwalifiseer, maar dit is net drie maande voor dié toernooi met die “Anschluss” by Nazi-Duitsland ingelyf. Soos by die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 is tydens dié toernooi geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Die verdedigende kampioen Italië het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het in die derde en Swede in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Ander groot sokkerlande soos Argentinië, Uruguay en Spanje bly uit verskeie ander redes weg. Net drie nieeuropese spanne het aan dié toernooi deelgeneem: Brasilië, Kuba en Nederlands-Indië (nou Indonesië). Dit was die laagste aantal nasionale sokkerspanne van buite die gasheer se vasteland nog.