Cité de Carcassonne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Cité de Carcassonne is 'n middeleeuse bouwerk in die stad Carcassonne in die department Aude in die suide van Frankryk. Dit is geleë op die regteroewer van die Auderivier, in die suidooste van die hedendaagse stad. Die middeleeuse sitadel, waarvan die oorsprong terugdateer na Gallo-Romeinse tye, se bekendheid is te danke aan die dubbele stadsmuur van byna 3 km met twee-en-vyftig torings wat op skouspelagtige wyse oor die Audevallei uittroon. Die Cité sluit ook 'n graaflike kasteel (die château comtal) en 'n basiliek (die basilique Saint-Nazaire) in.
Die historiese versterkte stad van Carcassonne* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die Cité de Carcassonne in herfskleure | |
Posisie van Cité de Carcassonne in Frankryk | |
Koördinate: 43°12′24″N 2°21′49″O | |
Lande | Frankryk |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii en iv |
Verwysings | 345 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1997 (21ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Nadat dit van vernietiging gered is, is dit in die 19de eeu, op soms omstrede wyse, gerestoureer onder leiding van Eugène Viollet-le-Duc. Die Cité de Carcassonne is in 1997 deur UNESCO aangewys as 'n wêrelderfenisgebied. Die graaflike kasteel, die versterkings, die dwingels (lices)[1] en hulle torings behoort aan die staat en word bestuur deur die sentrum vir nasionale monumente van Frankryk,[2] terwyl die res van die Cité deel van die munisipale owerheid se eiendom is.