Wapen van Natal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die wapen van Natal was die amptelike heraldiese simbool van Natal as kolonie vanaf 1907 tot 1910, en as provinsie vanaf 1910 tot 1994. Die wapen word nie meer amptelik gebruik nie.
Die amptelike wapenbeskrywing is:
In blou, geplaas voor berge en op 'n vlakte, twee swartwildebeeste in volle ren langs mekaar in natuurlike staat, alles van natuurlike kleur, die skild gedek deur 'n kroon bestaande uit 'n hoofring beset met breedarmige kruise en vier diademe getop deur 'n breedarmige kruis, alles van goud, met 'n swart mus; op 'n lint onderaan die skild, die woord "NATAL".[1]
Aanvanklik het die wapen slegs uit die skild bestaan; die kroon en die lint met die naam is later bygevoeg.