Voorlopersel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Soos stamselle het voorloperselle die vermoë om in 'n spesifieke soort sel te verander.[1] In teenstelling met stamselle is hulle egter reeds baie meer spesifiek: hulle neig om te verander na 'n spesifieke "teikensel". Die belangrikste verskil tussen stam- en voorloperselle is dat stamselle onbepaald kan verdeel terwyl voorloperselle slegs 'n beperkte aantal kere kan verdeel. Daar bestaan egter 'n mate van omstredenheid oor die presiese definisie en die begrip word steeds ontwikkel.