Voëlgriep
griep veroorsaak deur virusse wat by voëls aangepas het / From Wikipedia, the free encyclopedia
Voëlgriep is 'n siekte wat voorkom by voëls, vernaamlik hoenderagtiges, wat griepagtige simptome veroorsaak met sufheid, betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook. Sommige voëls sterf vinnig na besmetting. Die ontkiemingstyd wissel tussen drie tot twee weke. Die siekte is dodelik vir hoenders en kalkoene.
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Voëlgriep | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
'n Elektronmikrograaf van die Voëlgriepvirus | ||
ICD-10 | J09 | |
ICD-9 | 488 | |
DiseasesDB | 6791 | |
MedlinePlus | 007263 | |
eMedicine | med/1170 | |
MeSH | D007251 | |
Mediese waarskuwing |
Die siekte word veroorsaak deur 'n variant van die griepvirus: die griep A-virus. Die virus is baie veranderlik met die gevolg dat daar telkens nuwe variante ontstaan. Virusse vermenigvuldig in 'n gasheersel. In rofweg een uit elke 10 000 gevalle ontstaan daar klein foutjies in die voortplantingsproses wat 'n mutasie veroorsaak wat aanleiding gee tot die ontstaan van 'n nuwe variant, wat moontlik gevaarliker kan wees as die oorspronklike virus. Die mutasieproses by virusse staan bekend as 'n herrangskikking. By die griep A virus vind herrangskikking op 'n ander manier plaas, naamlik antigeenverskuiwing. As die herrangskikking tot 'n voldoende mate plaasvind, kan 'n laepatogeenvirus in 'n hoogs aansteeklike, dodelike variant muteer wat 'n epidemie tot gevolg kan hê.