Vlag van die Marshalleilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van die Marshalleilande is op 1 Mei 1979 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou agtergrond met ’n 24-puntige wit ster in die skildhoek en twee diagonale bane in oranje en wit van onder aan die vlagpaalkant al breërwordend na bo aan die wapperkant.
Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 10:19 |
Goedgekeur | 1 Mei 1979[1] |
Ontwerp | ’n Blou agtergrond met ’n 24-puntige wit ster in die skildhoek en twee diagonale bane in oranje en wit van onder aan die vlagpaalkant al breërwordend na bo aan die wapperkant. |
Ontwerp deur | Emlain Mabua |
Sluit