Vlag van Montserrat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlag van Montserrat is op 25 Januarie 1999 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.
Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | Eerste ontwerp: 10 April 1909[1] Huidige vorm: 25 Januarie 1999 |
Ontwerp | ’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant. |
Sluit
Montserrat se burgerlike vaandel mag gebruik word deur skepe wat in by die land geregistreer is of deur besoekende skepe van ander lande. Die goewerneur van Montserrat gebruik ’n Unievlag met die wapenskild van Montserrat in die middel van die vlag. Dit is tradisioneel vir goewerneurs van Britse oorsese gebiede.