Vitus Bering
Deens-Russiese ontdekkingsreisiger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Vitus Jonassen Bering (5 Augustus 1681 – 19 Desember 1741),[1][nb 1] ook bekend as Iwan Iwanowitsj Bering,[2] was ’n Deense ontdekkingsreisiger en ’n offisier in die Russiese vloot. Hy is bekend vir sy twee ekspedisies na die noordooskus van Asië en van daar na die weskus van Noord-Amerika. Die Beringstraat, Beringsee, Beringeiland, Beringgletser en Beringlandbrug is ná sy dood na hom genoem.