Usain Bolt
Jamaikaanse naelloper / From Wikipedia, the free encyclopedia
Usain St. Leo Bolt (* 21 Augustus 1986, Sherwood Content, Jamaika) is 'n voormalige Jamaikaanse naelloper. Hy het verskeie wêreldrekords verbeter en is bekend vir sy puik prestasie as 'n naelloper, wat hom die bynaam van "Lightning Bolt" in die media besorg het. Hy het by elke wedloop met goue skoene deelgeneem.[1][2][3][4]
Kitsfeite Gebore ...
Usain Bolt | |
---|---|
Bolt in 2016 | |
Gebore | Usain St Leo Bolt 21 Augustus 1986 (1986-08-21) (37 jaar oud) Sherwood Content, Jamaika |
Sluit
Hy het aan die Olimpiese Somerspele van 2004, 2008, 2012 en 2016 deelgeneem. Op 12 Augustus 2017 kondig hy sy uittrede uit atletiek aan. Bolt het ná die Wêreldkampioenskap in 2017 uitgetree, toe hy derde was in sy laaste solo-wedloop van 100 m, by die 200 m onttrek en in die 4 × 100 m-aflos-eindloop gestaak het.
Hy word wêreldwyd as die beste atleet van alle tye beskou.