Tsjagatai Khan
tweede oudste seun van Djengis Khan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Tsjagatai Khan (Mongools: Цагадай; 22 Desember 1189 – 1 Julie 1242) was die tweede oudste seun van Djengis Khan. Hy was van 1226 tot 1242 khan van die Tsjagatai-khanaat.[1] Die taal Tsjagatai en die Tsjagatai-Turke is na hom genoem.
Kitsfeite Dinastie, Bewind ...
Tsjagatai | |
---|---|
Khan van die Tsjagatai-khanaat | |
Standbeeld van Tsjagatai Khan in Mongolië. | |
Dinastie | Bordjigin |
Bewind | 1226–1241,'42 |
Volle naam | Mongools: Цагадай, ᠲᠰᠠᠭᠠᠳᠠᠢ |
Gebore | 22 Desember 1189 |
Gesterf | 1 Julie 1242 (op 52 jaar) |
Voorganger | Djengis Khan |
Opvolger | Qara Hülëgü |
Gade | Eboeskoen |
Kinders | Moetoekan Baidar Yesü Möngke |
Vader | Djengis Khan |
Moeder | Börte |
Sluit
Hy het ná sy pa se dood die grootste deel van Sentraal-Asië geërf.[1] Hy is ook deur Djengis aangestel om toesig te hou oor die uitvoering van die Jassa, die wetkode wat Djengis laat opstel het, totdat sy pa die Groot Khan van die Mongoolse Ryk geword het.[1]