Tradouwpas
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tradouwpas is 'n bergpas in die Wes-Kaap op die R324-streekroete deur die Langeberge. Die pas verbind Swellendam op die N2 via Suurbraak met Barrydale op die R62 in die Klein Karoo. Die pas is 12km lank, bereik 'n hoogte van 351m bo seevlak en 'n maksimumhelling van 1:10.
Kitsfeite Ligging, Maksimumhelling ...
Tradouwpas | |
Ligging | Tussen Swellendam en Barrydale |
---|---|
Maksimumhelling | 1:10 |
Hoogte | 351 m |
Lengte | 12 km |
Ingenieur | Thomas Bain |
Begin in | 1869 |
Voltooi in | 1873 |
Verbou | 1979 |
Pad | R324 |
Sluit