Thomas P Stratten
Suid-Afrikaanse ingenieur / From Wikipedia, the free encyclopedia
Thomas Price Stratten (4 Junie 1904 - ) was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur. Hy het aan die Universiteit van Oxford studeer op 'n Rhodes-beurs, gevolg deur twee jaar met die General Electric-maatskapy. Hy het in 1929 na Suid-Afrika teruggekeer en die posisie van assistent-elektriese ingenieur van De Beers oorgeneem. Hy het senior posisies by Yskor, die Union Corporation en ESCOM beklee. Na 'n tyd wat hy in die Direktoraat van Oorlogsvoorade bestee het, het hy Sappi se bedrywighede suksesvol uitgebrei[1] en was president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Elektriese Ingenieurs gedurende die 1940's.[2]
Kitsfeite Gebore, Vakgebied ...
Thomas Price Stratten | |
Gebore | (1904-06-04)4 Junie 1904 Kimberley, Suid-Afrika |
---|---|
Vakgebied | Elektriese ingenieurswese |
Instelling(s) | General Electric Yskor Eskom SAPPI Union Corporation |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad Balliol College,Oxford Universiteit |
Sluit