The Canterbury Tales
From Wikipedia, the free encyclopedia
The Canterbury Tales is 'n versameling verhale, party in versvorm, wat in die 14de eeu deur Geoffrey Chaucer geskryf is. In die verhale vertel die pelgrims wat na Canterbury (Kantelberg) reis hulle stories. Dit word as een van die groot letterkundige werke in Engels beskou.[1]
Gesamentlik vorm The Canterbury Tales 'n raamvertelling. Hierin word vertel hoe 'n aantal pelgrims saam op reis gaan. Hulle besluit om mekaar onderweg, om die tyd te verwyl, elk vier verhale te vertel.[2] Die pelgrims het uiteenlopende agtergronde, en dit kom ook so in die stories tot uiting. Die temas strek van die liefde, verraad, gierigheid en owerspel. Daar word ook van verskillende vertelgenres gebruik gemaak.
Dit was destyds gebruiklik om literatuur in Frans of Latyn te skryf. Chaucer skryf The Canterbury Tales egter in die alledaagse volkstaal, nou Middelengels genoem. Twee van die verhale is in prosavorm, die orige 22 in verse. Sommige verhale is oorspronklik, maar daar is ook verhale wat op ander tekste gebaseer is. Sommige vertellinge is ernstig van aard, ander weer humoristies. Nietemin getuig almal van 'n diep insig in menslike gevoelens en motiewe, wat dit ook vir moderne lesers die moeite werd maak. Die werk verskaf ook 'n beeld van die lewes, praktyke en denkwyse van die tyd. Chaucer se magnum opus (groot werk) het egter onvoltooid gebly.
Fragment | Verhale |
---|---|
Fragment I (A) | General Prologue, Knight, Miller, Reeve, Cook |
Fragment II (B1) | Man of Law |
Fragment III (D) | Wife, Friar, Summoner |
Fragment IV (E) | Clerk, Merchant |
Fragment V (F) | Squire, Franklin |
Fragment VI (C) | Physician, Pardoner |
Fragment VII (B2) | Shipman, Prioress, Sir Thopas, Melibee, Monk, Nun's Priest |
Fragment VIII (G) | Second Nun, Canon's Yeoman |
Fragment IX (H) | Manciple |
Fragment X (I) | Parson |