Tempelberg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tempelberg (Hebreeus: הַר הַבַּיִת Har HaBáyit, Arabies: الحرم الشريف al-Ḥaram al-Šarīf) is ’n heuwel in Jerusalem en een van die belangrikste godsdiensterreine in die wêreld. Dit word al duisende jare in die Judaïsme, Christendom en Islam as ’n heilige plek beskou.
Kitsfeite Tempelberg הַר הַבַּיִת الحرم الشريف ...
Tempelberg הַר הַבַּיִת الحرم الشريف | |
---|---|
Ligging | Jerusalem |
Hoogte | 740 meter bo seevlak |
Bergtipe | Kalksteen[1] |
Ligging in Israel. |
Sluit
Die huidige terrein word oorheers deur drie groot geboue uit die vroeë Omajjadiese tydperk: die al-Aqsa-moskee, Rotskoepel en Kettingkoepel, sowel as vier minarette. Herodiaanse mure en poorte is later aangevul met strukture uit die laat Bisantynse en die vroeë Islamitiese tydperk. Dit kan bereik word deur 11 poorte, 10 vir Moslems en een vir nie-Moslems, en word deur die Israeliese polisie beheer.