Teahupoo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Teahupoo of Teahupoʻo is ’n dorp aan die suidweskus van die eiland Tahiti, Frans-Polinesië, in die suidelike Stille Oseaan.[1] Dit is bekend vir sy groot, gevaarlike branders wat 2 tot 3 meter hoog kan word – en soms tot 7 meter hoog. Die jaarlikse Billabong Pro-branderrykompetisie word hier gehou wat deel is van die wêreldbranderrykampioenskap. Die lyfplankryers Mike Stewart en Ben Severson was in 1986 die eerste mense wat Teahupoo gery het. Dit het gou ’n gewilde terrein geword onder avontuurlustige lyfplankryers. Min professionele branderplankryers het Teahupoo in die vroeë 1990's gery – dit was eers in 1998, by die Gotcha Tahiti Pro, dat Teahupoo algemeen erken is as die plek met die grootste branders ter wêreld. Op 17 Augustus 2000 was Laird Hamilton die mens wat die "grootste brander" ooit gery het.[1] In 2003 het wyle Malik Joyeux een van die grootste branders gery.
Teahupoo Teahupo'o | |
---|---|
Dorp | |
Die groot branders van Teahupoo. | |
Koördinate: 17°50′50″S 149°16′2″W | |
Land | Frankryk Tahiti |
Distrik | Teahupo'o |