Tau (deeltjie)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die tau (τ), ook bekend as die taulepton of tauon, is ’n elementêre deeltjie soortgelyk aan die elektron, met ’n negatiewe elektriese lading en ’n spin van 1/2. Nes die elektron, muon en die drie neutrino's is dit ’n lepton. Soos alle elementêre deeltjies het die tau ’n antideeltjie met ’n teenoorgestelde lading maar dieselfde massa en spin – dit word die antitau of positiewe tau genoem.
Kitsfeite
Tau | ||
Die tau se plek in die Standaardmodel (onder leptone). | ||
Samestelling | Elementêre deeltjie | |
Statistiek | Fermionies | |
Groep | Leptone | |
Generasie | Derde | |
Wisselwerking | Swaartekrag, elektromagneties, swak | |
Simbool | τ− | |
Antideeltjie | Antitau (τ+) | |
Ontdek | Martin Lewis Perl et al. (1975)[1][2] | |
Massa | 1 776,82±0,16 MeV/c2[3] | |
Gem. leeftyd | 2,906(10)×10−13 s[3] | |
Verval in | Sien kopie | |
Elektriese lading | −1 e[3] | |
Kleurlading | Geen | |
Spin | 1/2 [3] | |
Swak isospin | LH: -1/2, RH: 0 | |
Swak hiperlading | LH: -1, RH: -2 |
Sluit
Tauleptone het ’n leeftyd van 2,9×10−13 s en ’n massa van 1 777,8 MeV/c2. Aangesien hul wisselwerkings baie soos dié van die elektron is, kan aan ’n tau gedink word as ’n swaarder elektron. Soos met ander gelaaide leptone die geval is, het die tau ’n ooreenstemmende tauneutrino.