Synaulia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Synaulia is 'n span van musici, argeoloë, paleo-organoloë en choreograwe wat die resultate van hul historiese navorsing oor antieke musiek en dans met hipotetiese rekonstruksies van musiekinstrumente en komposisies in die praktyk toepas, waarby die klemtoon op die Etruskiese en Romeinse tydperk val. Die naam is afgelei van die Oud-Griekse συναυλία (sunaulía), 'n term waarmee in antieke Rome na 'n groep van musiekinstrumente verwys is wat hoofsaaklik uit windinstrumente bestaan het.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die groep is in 1995 deur die Italiaanse paleo-organoloog Walter Maioli (* 1950) en die choreograaf en antropoloog Nathalie Van Ravenstein in die Rijksmuseum van Oudheden in Leiden, Nederland gestig en aanvanklik ook deur die museum befonds.[1]