Swazi
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die taal Swazi (siSwati [siswatʼi] in Swazi) is deel van die Nguni-taalfamilie en is nou verwant aan Noord-Ndebele, Suid-Ndebele, Xhosa en Zoeloe. Dit is (saam met Engels) die amptelike landstaal van eSwatini met sowat 980 000 sprekers in 2006, hoofsaaklik Swazi's. Dit is een van die elf amptelike landstale in Suid-Afrika, waar dit deur ongeveer 1 322 400 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus).
- Hierdie artikel handel oor die Swazitaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Swazi's.
Kitsfeite Swazi siSwati, Amptelike status ...
Swazi siSwati | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Eswatini Suid-Afrika Lesotho Mosambiek | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 2,3 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 2,4 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Swazi | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Eswatini Suid-Afrika | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ss | |
ISO 639-2: | ssw | |
ISO 639-3: | ssw | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Dialekte sluit Baca, Hlubi en Phuthi in.