Sukkulente Karoo
bioom in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sukkulente Karoo[1] is ’n WWF-ekostreek wat behoort tot 'n woestynagtige bioom in Suid-Afrika en Namibië. Dit strek al met die kuslyn van Suidwes-Namibië en die Noord-Kaap in Suid-Afrika langs, waar die koue Benguelastroom dikwels mis veroorsaak. Die streek strek verder na die binneland van Suid-Afrika se Wes-Kaap. Dit word in die suide begrens deur die fynbosbioom, in die ooste deur die Nama-Karoo, met sy meer uiteenlopende temperature en wisselvallige reënval, en in die noorde deur die Namibwoestyn.