Subiaco Ovaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Subiaco Ovaal (ook Domain-stadion weens borgskapredes[2]), in volksmond ook bekend as Subi, is die grootste sportstadion in Perth, Wes-Australië. Dit is geleë in die voorstad Subiaco, ongeveer drie kilometer van Perth se sentrale sakegebied.
Subiaco Ovaal | ||
Die Subiaco Ovaal tydens 'n Australiese Voetbalwedstryd in 2004 | ||
Bynaam | Domain-stadion | |
---|---|---|
Ligging | Robertsweg, Subiaco, Wes-Australië | |
Koördinate | 31°56′40″S 115°49′48″O | |
Eienaar | Wes-Australiese Regering | |
Operateur | Wes-Australiese Voetbalkommissie | |
Kapasiteit | 43 500[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1908 | |
Gebou | 1908 | |
Boukoste | 1991 Herbou – AU$45 miljoen | |
Argitek | Verskeie | |
Huurders | ||
Fremantle Dockers (Aussie Rules) (1995–huidig) Weskus Arende (Aussie Rules) (1987–huidig) Australiese nasionale voetbalspan (Aussie rules) Wallabies (Rugby) Western Force (Rugby) (2006–2009) |
Die Subiaco Ovaal word hoofsaaklik gebruik vir Australiese Voetbalwedstryde en dit is die tuisveld van die Weskus Arende en Fremantle Voetbalklub, die twee Wes-Australiese spanne in die Australiese Voetballiga. Die stadion word ook soms gebruik vir Wes-Australiese Voetballigawedstryde. Die stadion word nie eksklusief vir voetbalwedstryde gebruik nie en ook al 'n paar eindstryde van die Nasionale Sokkerliga, internasionale rugbywedstryde (waaronder wedstryde in die Rugbywêreldbeker 2003) en Internasionale Reëls-wedstryde, en ook 'n paar musiekkonserte, aangebied. In 2006 het dit ook die tuisveld van die Super 14 span in Perth, die Western Force, geword. Die Force het in 2010 na die Perth Ovaal geskuif.