Staafkerk van Borgund
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Staafkerk van Borgund (Bokmål: Borgund stavkirke, Nynorsk: Borgund stavkyrkje) is in die Noorse munisipaliteit Lærdal (provinsie Sogn og Fjordane) word as een van die uitmuntendste voorbeelde van die Noorse staafboukuns beskou. Dit is nooit omgebou of uitgebrei nie en word dus as die prototipe van 'n Middeleeuse Noorse staafkerk beskou.[1] Die kerk is daarnaas een van die oudste houtgeboue in Europa en 'n trekpleister vir toeriste.