St. Louis Lambert Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
St. Louis Lambert Internasionale Lughawe (IATA: STL, ICAO: KSTL, FAA LID: STL) is die primêre kommersiële lughawe wat metropolitaanse St. Louis, Missouri, Verenigde State bedien. Gewoonlik na verwys as Lambert Field of bloot Lambert, dit is die grootste en besigste lughawe in die staat Missouri. Die lughawe beslaan 1 535 ha grond.[2] STL lê 23 km noordwes van die middestad van St. Louis in ongeïnkorporeerde St. Louis County tussen Berkeley en Bridgeton. Die lughawe verskaf direkte vlugte aan lughawens regoor die Verenigde State en die Karibiese Eilande, Meksiko, Kanada en Europa. In 2019 het dit byna 16 miljoen passasiers bedien met meer as 259 daaglikse vertrekke na 78 plaaslike en internasionale stede.[3]
St. Louis Lambert Int. Lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: STL – ICAO: KSTL – FAA: STL | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | St. Louis City Airport Commission | ||
Bedien | Groter St. Louis en Suidelike Illinois | ||
Ligging | St. Louis, Missouri, Verenigde State | ||
Geopen | 1923 | ||
Spil vir | Southern Airways Express | ||
Hoogte bo seevlak | 605 vt / 184 m | ||
Koördinate | 38°44′50″N 090°21′41″W | ||
Webtuiste | www | ||
Landkaart | |||
FAA lughawediagram | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
12R/30L | 11 020 | 3 359 | Beton |
12L/30R | 9 013 | 2 747 | Beton |
11/29 | 9 000 | 2 743 | Beton |
6/24 | 7 603 | 2 317 | Beton |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 13 665 517 | ||
Lugbewegings | 157 517 | ||
Bron: St. Louis Lambert Internasionale Lughawe[1] |
Die lughawe is vernoem na Albert Bond Lambert, 'n Olimpiese medaljewenner en prominente St. Louis-vlieënier. Die lughawe het in die 20ste eeu tot internasionale prominensie verys danksy sy verbintenis met Charles Lindbergh, sy baanbrekende lugverkeerbeheer, sy status as die primêre middelpunt van Trans World Airlines (TWA), en sy ikoniese terminaal.[4]
St. Louis Lambert Lughawe word deur die MetroLink- massavervoerspoorstelsel met ander dele van die St. Louis-metropolitaanse gebied verbind, insluitend 'n toekomstige verbinding met die streek se sekondêre kommersiële lughawe, MidAmerica St. Louis-lughawe ongeveer 60 km oos hiervan.[5]