Springbok, Noord-Kaap
dorp in Noord-Kaap, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Springbok is die hoofdorp van Namakwaland, ongeveer 555 km noord van Kaapstad en 40 km suid van Steinkopf aan die N7 nasionale pad geleë tussen granietkoppies. Die nabygeleë Okiep en Nababeep was lank belangrike kopermynbousentra. Die naam is waarskynlik afgelei van die troppe springbokke wat by 'n plaaslike fontein gesuip het voor die ontdekking van koper. Dit is die setel van talle van die Noord-Kaap se regeringsdienste, asook die sentrum van die handel, nywerheid, vervoer en administrasie van Namakwaland.
- Hierdie artikel handel oor die dorp in die Noord-Kaap. Vir die artikel oor die soogdier, sien eerder Springbok.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Springbok | |
---|---|
Dorp | |
Uitsig oor Springbok vanaf "Klipkoppie" | |
Koördinate: 29°40′S 17°53′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Nama Khoi |
Stigting | 1862 |
Oppervlak | |
• Totaal | 37,56 km2 (14,50 vk. myl) |
Hoogte | 950 m (3 120 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 12 790 |
• Digtheid | 341/km2 (880/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 79.9% |
• Swart mense | 4.1% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 95.1% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 8240 |
Skakelkode | 027 |
Sluit