Spaanse Burgeroorlog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Spaanse Burgeroorlog (Spaans: Guerra Civil Española, Katalaans: Guerra civil espanyola) was 'n burgeroorlog in Spanje wat begin het na 'n staatsgreeppoging deur lede van die leër op die regering van die Tweede Spaanse Republiek. Die burgeroorlog het van 17 Julie 1936 tot 1 April 1939 in Spanje gewoed en is beëindig met die oorwinning van die rebelle en die daarstel van 'n diktatorskap gelei deur die Nasionalistiese Generaal Francisco Franco. Die ondersteuners van die Republiek, of Republikeine (republicanos), het die ondersteuning van die Sowjetunie en Meksiko verkry, terwyl ondersteuners van die Rebellie, ook bekend as Nasionales (nacionales), die bystand van die hoof-Europese spilmoonthede Nazi-Duitsland en Italië verkry het. Die VSA het amptelik neutraal gebly, maar het vliegtuie aan die Republiek en brandstof aan die Francisco Franco-regime verkoop.
Spaanse Burgeroorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Gernika na die bomaanval op die dorpie. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Republikeine • Republikeinse volksweermag (1936–1939) Ondersteun deur: |
Nasionaliste • Rewolusionêre weermag (1936–1939) Ondersteun deur: | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Manuel Azaña Díaz José Giral Francisco Largo Caballero Juan Negrín López Diego Martínez Barrio Indalecio Prieto Vicente Rojo Lluch José Miaja Hernández Saravia Hidalgo de Cisneros Carlos Romero Dolores Ibarruri Santiago Carrillo Lluís Companys José Antonio Aguirre B. Durruti (†) Cipriano Mera André Marty Wilhelm Zaisser |
Emilio Mola (†) Francisco Franco José Sanjurjo (†) Miguel Cabanellas (†) Fidel Dávila Arrondo Francisco Gómez-Jordana Queipo de Llano Manuel Goded (†) Alfredo Kindelán Manuel Hedilla Manuel Fal Conde José María Gil-Robles Von Richtofen Hugo Sperrle Annibale Bergonzoli Gastone Gambara | ||||||
Sterkte | |||||||
450 000 infanterie 350 vliegtuie 200 tenks (1938)[2] |
600 000 infanterie 600 vliegtuie 290 tenks (1938)[3] | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
~500 000 gesneuweldes[4][5]
|